Ski naweek in Genf

Switserland is ‘n baie vreemde en interessante land. Daar is vier amptelike tale, Frans, Italiaans, Duits en Romansch. Die tale is redellik geografies geallokeer. Ons was vir Paasnaweek Geneva toe, of soos dit in Duits bekkend staan: Genf, en Geneve in Frans.

Switserland was nie gedurende die tweede wêreldoorlog binnegval nie. Dit was meestel (sover ek kan aflei) agv finansieele ooreenkomse met Nazi Duitsland en agv ‘n redelike sterk nasionale identiteit. Switserland beoefen ook ‘n vorm van demokrasie wat bekend staan as direkte demokrasie, waarin die landsburgers, soos in Athene van ouds, direkte toegang het tot besluitneming (anders as die meeste lande waar verteenwoordigers verkies word om besluite te neem).

Interessante trivia aangaande Switserland is dat die wet jou verplig om ‘n bunker in jou huis te hê. Hierdie bunker moet beddens bevat en moet binne 1 dag deur 1 persoon gereed gebring kan word om in te bly in geval van ‘n atoombom aanval.

Switserland bavat ook ‘n interessante diensplig stelsel, waar enige en elke manlike burger ouer as 16 en jonger as 30 effektief in millitere diens is. Elke dienspligtige kry ‘n geweer, ‘n uniform en ‘n mes om by hulle huis te hou, vir wanneer hulel opgeroep word. Switserland claim dat hulle binne 12 uur hulle hele mag kan ontplooi tot gereedheid vir oorlog !

Geneva is in die Franse deel van Switserland geleë, dit staan uit tot in Frankryk, soos ‘n vratjie.

[Click die foto’s vir groter]

Geneva is ook die plek waar Calvyn gewerk het aan die protestante beweging in die sestiende eeu. Let op hoe anornaat die geboue lyk.

En toe gaan ski ons !!!

Megeve:

Ons wou in Avoriaz ski, maar ons is oorval deur ‘n reuse sneeustorm en moes terugkeer na ‘n lieflike pizza:

En toe, Les Gets. Die kabelkarretjiekaartjieverkoper het belowe daar is ‘n groen roete bo. Tot op daardie punt het ek maar net die leerski roetes gedoen (kleurloos) en my volgende stap was groen. Toe ons bo kom, wag daar ‘n blou roete vir ons. Die foto’s is die eerste roete van bo en van onder. Ek was amper dood.:

Ons het alles afgesluit met ‘n eg Switserse fondue

~ by mieliepap on 30 March, 2008.

2 Responses to “Ski naweek in Genf”

  1. Lyk lekker! Liefie sê nou vir my dat alle brûe in Switserland in ook binne sekondes opgeblaas kan word in geval van enige aanval, wat tot gevolg het dat die landjie heeltemal afgesonder van Europa sal wees.

  2. My grootste begeerte is om bietjie in sneeu te speel. Soos ‘n kind te hardloop en vir Mynick met ‘n allemintige bal tussen die blaaie te pot! Ek beny julle almal wat soveel dinge beleef, hou maar aan om ons op hoogte te hou. Daai fondue, njam…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: