Identiteit

Dit is nou 00:20. Ek moet 06:00 opstaan. Ek is die naweek alleen, my vrou is na ‘n troue in Stellenbosch/Wellington toe. Ek het myself voorgeneem om hierdie naweek so paar van my inner demons te horingpak en nou het ek die punt bereik wat ek nie kan slaap nie omdat my gedagtes gevul word met al hierdie idees en my Oortjie is nie hier om dit op te luister nie, so here goes:

My vraag gaan oor identiteit. My vraag kom neer op wat Jean van Les Miserables gevra het: Who am I ? Sien, filosofies glo ek dat my identiteit nie bepaal word deur my Afrikanerskap nie. Dit is iets waaroor ek my skaam om eerlik te wees, nie oor apartheid nie, maar oor al die Afrikaers wat fucked up is, hoe lyk dit Robbie Wessels ?

As die antwoord is: Nie Afrikaner nie, dan is die vraag seker wat is jy?

Waarde:

Na bietjie nabetragting het ek besluit miskien gaan identiteit oor waarde. In hierdie voorstel, sal jou identiteit wees die goed wat vir jou waarde gee, waar jy waarde toevoeg. Die vraag is sekerlik dan waarde toevoeg vir wie ? Ek sou raai (sal later weer hieroor dink) dat hierdie waardetoevoeging nie vir jou self kan wees nie, behalwe as dit dan sal lei tot waardetoevoeging vir die gemeenskap. Mens kan seker dan ook vra hoe breed jy die gemeenskapsgrense sal trek. Ek sou voorstel dat daar twee takke van waarde is, tasbare en emosionele. Vir die tasbare, sal dit goed wees soos of jy toevoeg itv ekonomiese aktiwiteit (indirek), finansieel (direk), arbeid/takies. Hierdie is goed wat jy kan sien en wat waarde toevoeg. Aan die ander kant is daar die nie-tasbare goed soos om emosionele ondersteuning te gee, of om raad te gee.

Die waardetoevoeging kan ook negatief wees. Byvoorbeeld kan die persoon ‘n las wees om die gemeenskap en/of slegte raad en/of ‘n emosionele las wees op die gemeenskap. Dit sal dan sy waartetelling verlaag. Beteken dit sy “identiteit” neem af? Seker net as hy besef dat hy ‘n las op die stelsel is ?

So dan gaan identiteit seker oor persepsie van waarde.

Nou ek weet voor my heilige siel daar is baie mense wat baie self-esteem het omdat hulle mooi is/slim is. En ons gemeenskap neig om sulke mense te boost. Mense bou ook hulle identiteit daarom. Si dit pas nie mooi by die waarde model in nie, behalwe as jy vain (ydel?) genoeg is om te dink jy voeg waarde by die gemeenskap as jy mooi is. Wag ‘n bietjie, as die mense om jou (ouers/familie/vriende) baie waarde heg aan mooi wees, en hulle kan met jou assosieer, dan is jy besig om waarde toe te voeg vir hulle…

Die vraag word dan seker hoe substansieel die waarde is wat jy toevoeg. Duidelik is iets soos mooi wees glad nie substans-vol nie, iets soos slim ook nie, behalwe as jy dit aanwend op ‘n goeie manier.

Nou terug na die waarde vir jouself. Ek besef baie mense heg self-waarde aan hoeveel geld hulle het, of hoeveel besittings hulle het. Of dan (soos ek nou net besef het) die mense met wie hulle assosieer.

Is identiteit so eenvoudig ? Gaan identiteit oor hoe waardevol jy voel ? Is daardie waardevol voel ‘n funksie van die mense waarmee jy assosieer, hoeveel jy werd is in monetêre terme, hoe graag ander mense soos jy wil wees/lyk, hoeveel mag jy het.

Hemel. Ek moet gaan slaap, ek hou nie van hierdie gedagtes nie en ek is moeg.

Is dit hoekom mense so gek is oor groepsidentiteit ? Dit dilute (verdun ?) die verantwoordelikheid wat hulle het om waarde toe toe voeg ? Is dit hoekom mense sportspanne ondersteun ? Is dit hoekom ons bly was toe SA die wêreldbeker gewen het ?

Is dit hoekom baie mense met losers uithang ? Omdat hulle hulle identiteit (self worth) probeer bevorder ?

Ek wil, voor ek gaan slaap, die volgende sê: Ek dink die verkil tussen goeie en slegte identiteit is die verskil tussen id wat gebou is wat is is (Afrikaans/mooi/slim/wit) eerder as wat jy doen (dien/luister/help)

As hierdie moreoggend nie meer sin maak nie, gaan ek dit uitvee.

~ by mieliepap on 31 March, 2008.

14 Responses to “Identiteit”

  1. Moenie afvee nie, goeie vrae wat hier gevra word. Waar vind mens jou geluk? Is dit waar mens jou identieit ook vind? Nie maklike vrae nie, maar baie belangrik om deur te werk. Ek dink ek is in dieselfde fase.

    Terwyl jy so sit en dink het, het ek, my vroutjie en jou Oortjie gesit en gesels oor die toekoms. Daai troue het my en jou nou amptelik aangetroude, aangetroude, aangetroude familie maak. Noem jou sommer swaer van nou af.

  2. Dit maak sin, want vir my is identiteit wie jy is en wat jy doen! Lewe jy ‘n sinvolle lewe waaruit goeie dinge groei, het jy ‘n hoë waardetelling en omgekeerd is ook waar. Maak jy nonsens droog, vernietig, verneder en versmaai, is jy tog niks, al het jy al die gled in die wêreld…

  3. Ek glo nie my identiteit word bepaal deur my Afrikanerskap nie. Beteken dit dan ek sou ‘n ander identiteit gehad het as ek ‘n Amerikaner of ‘n Brit of ‘n Mexikaan was?

    Jou vrae maak sin, al raak dit plek-plek bietjie deurmekaar. Ek kan dit egter net uit my eie oogpunt antwoord en ander mag dalk heel van my verskil.

    Vir my is my identiteit wie ek is, en hoe ek teenoor ander mense optree en wat my waardes in die lewe is. Eerstens, ek is nie ‘n kudde dier nie, ek hou nie van saamloop met die stroom net omdat dit die stroom is nie. Ek staan vir dit waarin ek glo en as niemand anders dit glo nie, dan sal ek bly staan daarvoor as ek dink dis reg, binne perke natuurlik, al staan ek stoksielalleen. So, wat maak dit my?

    Ek het een dag ‘n lang argument met ‘n vriend gehad omdat ek gesê het ek sou nooit bevele gevolg het om mense dood te maak soos Hitler se SS nie. Hy het vir my gesê as my lewe daarvan sou afhang, dan sou ek. Ek staan daarby, ek sou eerder dat Hitler my ook doodmaak, voor ek sulke wreedhede sou pleeg om my eie bas te red. Hy reken ek kan nie so iets sê voordat ek nie in daai posisie is nie, ek reken weer ek weet waarvoor ek sal staan en waarvoor ek sal sterf. Is dit dus my identiteit?

    En nou is ek besig om deurmekaar te begin skryf.

  4. Ek sou versigtig wees om identiteit aan waarde te koppel. Die konsep “waarde” is baie gelaai, soos jy ook uitwys.

    Jy verwys spesifiek na Jean Valjean se vraag: “Who am I?” Ek sou ‘n stuiwer in die armbeurs wou gooi deur daar te begin. Myns insiens word die vraag in ‘n bepaalde konteks gevra (wel, ten minste in die musical – ek hoop maar hulle was daar getrou aan die boek).

    Valjean word met ‘n morele dilemma gekonfronteer. As hy stilbly, gaan ‘n onskuldige man veroordeel word. As hy praat, is hy in die moeilikheid en raak dit baie mense wat van hom afhanklik is, negatief. “Wie is ek?” wonder hy dan.

    Elke mens word daagliks in situasies geplaas wat vra vir optrede. Soms moeilik en soms is die antwoord nie duidelik nie.

    Myns insiens is identiteit nie staties nie. Identiteit word opnuut inhoud gegee elke keer wat jy daardie vraag “Wie is ek?” in moeilike situasies moet antwoord. Elke keer wat jy ‘n keuse moet maak. Elke keer wat jy moet kies en optree, leer jy jouself en jou motiewe ken. Of jy kan kies om jouself te bullshit. “Wie is ek?” en “Hoe gaan ek optree?” is vir my min of meer dieselfde ding.

    Die optrede is ook nie net relevant in terme van hoe dit ander raak nie, maar ook jouself, die omgewing, toekomstige geslagte en die groot misterie. Of so iets. Ek dink.

    Ek hou nogals van jou gedagte rondom groepsidentiteit.

  5. Beteken dit jy gaan vir my vertel waar “Pienk Zuit” vandaan kom ? Circle of trust en alles ?

    Ek waardeer julle terugvoer verskriklik. Veral aangesien my gedagtes gisteraand soos rook bolle was wat ek met ‘n visnet probeer vang het en vir julle aan ‘n droom probeer ophang het.

    identiteit as waardetoevoeging:ek stem saam, ek wou miskien ‘n piesang in ‘n spaarbussie indruk, maar so het my gedagtes geloop.

    Ek hou van wat julle se van “wat ek sal doen”, maar ek vermoed dit kruis miskien ‘n grens tussen identiteit en karakter.

    Na nog so bietjie dink vandag net die volgende, wat miskien beter uitgedruk as my middernagtelike uitlatinge:
    Identiteit gaan vir my oor wat/wie jy dink jy is, nie wat ander dink jy is nie. Dit gaan oor ‘n selfpersepsie. Naverwant aan self esteem.
    Dit is belangrik om te besluit/besef waarop jy jou identiteit bou, want dit is hoe jy meet of jy is wat jy graag wil wees. Daarin self lê ook ‘n sleutel tot wat dit is. Dit (identiteit) is die goed waarmee jy jouself meet, maar nie die target nie, wel die actual.
    Identiteit se definisie (en afhanklikes) hang daarom sekerlik af van jouself. As jy besluit jou identiteit word bepaal deur wat goed soos hoe jy lyk of jou intellek, dan is dit nou maar so. Jou identiteit gaan dan net baie los en vlietend wees. Ander gaan dink jy is vain.
    Jy kan ook jou identiteit vasmaak aan jou waardes (wat jou optrede gaan bepaal, en tussen lê jou karakter, dink ek).
    Of jy kan jou identiteit definieer deur jou intensies, en dan gaan jy happy wees, maar nooit iets bereik nie, en baie fake voorkom.
    As jy jou identiteit op jou volk/ras/ bou, dan gaan jou identiteit arm wees en jy gaan nooit jouself word nie, net ‘n figurasie van die groep. Jy gaan vergenoegd wees in jou maatstaf, maar nie in jou lewe nie. Jy gaan nie verantwoordelikheid vir jou dade neem nie en gaan eer vat wat jou nie toekom nie.
    Groepsmentaliteit, laat mense soos psigopate optree. kyk maar na Nazzi Duitsland.

  6. Skuus, ek besef nou net, jy alleen besluit wat jy as jou identiteits-maatstawwe kies, maar duidelik word dit beïnvloed deur wat die samelewing, ervaring, opvoeding, opleiding vir jou vertel het is belangrik. Soveel te meer moet ons daarom probeer om te bepaal wat die “goeie” goed is om as maatstawwe te gebruik, sodat ons dit kan reinforce in mekaar en ons nasate.

  7. 90 % van alles wat jy hier se, is ver bo my klein koppie. Ek wil iets oor die 10 % se wat (ek dink) ek verstaan.
    Maar eers. Jy veralgemeen erg as jy praat van die ‘fucked up Afrikaners’. Daar is in elke groep, mense wat ‘fucked up’ is. Ons is nie so uniek nie! En ja, dit grief my as jy so van ons praat.

    Nou ja, wat ek eintlik wil se, is dat jou Afrikanerskap ‘n faset van jou identiteit is. Daai deeltjie is ook nie iets wat jy kies nie – dit kies jou. Dink ek.

    En besluit mens self oor wat jou identiteit is, of is dit ‘iets’ wat jy kry deur jou normale dag tot dag handel en wandel? Oor sekere goed kan mens seker besluit (bv jy gaan met integriteit lewe), maar ander dinge is buite jou beheer (jy is ‘n wit, Afrikaanse man.) (Ek hoop jy is!)

    Waardetoevoeging. Is dit nie iets wat uit jou identiteit voortspruit nie? Positief of negatief.

    Duh. Dis die middel van die dag en ek is doodnugter. Klink of ek gesuie is.

  8. Groepsidentiteit maak my oor die algemeen bang omdat ek voel die individu kan nie binne die groep waarlik groei en dink nie, daar is baie keer wel ‘n persoon/instansie/kerk/iets wat vir die groep vertel wat om te doen/dink/glo/wees. Ek hou nie daarvan nie.

    En later raak dit nogal kompleks as die individu begin vrae vra, dan word sy waarde of wie hy is in twyfel getrek en hy word gewoonlik gebrandmerk vir dit wat hy JUIS NIE is nie.

    Dus gaan ek maar weer terug na die stukkie van die legkaart, om ‘n Afrikaner herkoms te he is deel van my, die taal is deel van my, maar ek strompel nie blindelings voor in ‘n groep nie. Klou ook nie vas aan iets wat vir my gese word, my identiteit behoort te wees nie. Ek probeer myself lei deur my innerlike moraliteit.

    Rakende wat jy se oor mooi/slim en hoe ons ander mense se waarde bepaal. Baie waar. Vreemd genoeg is ons eie waardebepaling van onsself baie keer so verskillend van hoe die groep/ander ons sien. Dalk omdat waardes verskil?

    Groepe mense wat saam dreunsing….trouble!

  9. En nee moet asb nie uitvee nie, en ja plaas meer sulkes!

  10. boendoe, jammer as my sinskonstruksie jou mislei het. ek het gesê: “oor al die Afrikaners wat fucked up is.” ek wou nie te kenne gee dat alle afrikaners f’ed is nie. ek wou dit duidelik maak daar daar baie is wat is. ek wil graag jou uitnooi om hierdie vrae eerlik te antwoord. a. Wat maak jou trots daarop om ‘n Afrikaner te wees? b. Wat maak jou skaam om Afrikaner te wees. Neem nou die antwoorde en bepaal of elk van die antwoorde jou beskryf of nie. Vir die antwoorde wat nie doen nie, maak dit nie sin om trots te wees op die positiewe en skaam te wees oor die negatiewe nie, want dit beskryf jou nie en jy het niks daarmee (met die aktualisering daarvan) uit te waai nie.

    boendoe, miskien moet ons die volgende oorweeg: ons afrikanerskap is iets wat oorgedra word deur ons opvoeding. baie van ons is deels (al dan marginaal) deur swart bediendes groot gemaak. beteken dit dat ons identiteit ook van ‘n afrika-kultuur is? in ons rondgaan in die wêreld kom ons met ander in aanraking en hulle skaaf ons. ons identiteit word dan deur hulle ook bepaal. hoe meer
    ons met afrikaners uithang, hoe meer gaan ons identiteit die van afrikaners wees, omdat hulle waardes en metodes aan ons afsmeer. hoe meer jy ‘n gemengde blootstelling het, hoe meer waardes/metodes gaan jy hê om uit te kies. Ek gebruik die woord kies bewustelik.

    Rosie, baie dankie dat jy ook hier jou opinie gelig het, waardeer die besoek en opinie. Ek wil al lank blog oor groepsdinamika en groepsmentaliteit, wat seker nou verwant is hieraan. Ek sal nou my uitlating beperk tot die volgende: Vir my is een van die slegste eienskappe van groepe, dat die denke en gedragspatrone van groepe verskriklik baie massa bevat, en dus baie traagheid om te verander. Hoe groter ‘n groep is, hoe moeiliker is dit om die groep se manier van dink en doen te verander (ek dink hieraan as die snelheid van die massa). Die implikasie is dat ‘n groep nie regtig kan groei sonder baie moeite nie. Wat ook dan waar is, is dat dit baie moeilik is om ‘n groep wat in verkeerde rigting beweeg (itv gedrag en patroon) reg te kry (momentum), en dit is hoekom groepe (kerk/state/bendes) gewoonlik op so groot manier opskroef voor hulle dit agterkom. Maar ek spaar dit vir wanneer ek dit identiteit ding beter verstaan.

    George, jou antwoord het my vandag gehelp. Ek was in ‘n slegte situasie en moes besluit hoe ek gaan optree. Ek kon jou antwoord gebruik (en my onlangse besluite oor my eie identiteit) en besluit hoe ek wil optree. Lieflik.

  11. Ek sien uit daarna Mieliepap as jy oor die dinge gaan begin blog. Ek sal graag kom lees.

    Jy weet as mens na die antropologie kyk en hoe groepe opgetree het en steeds optree is die dinge baie interessant.

  12. Vir my gaan dit oor om dieselfde te wees as sommige en tog anders as ander. Dis persoonlik, tog beinvloedbaar, tog persoonlik. As jy verstaan wat ek bedoel… Dis ingewikkeld en beslis nie staties nie soos jy sê. Veral vir iemand met gemengde bloed (Engels en Afrikaans) soos ek. Ek dink…

  13. hoekom wroeg ek so min oor identiteit?

  14. Erik Erikson kan help. Sy teoriê oor ontwikkeling en ego, en persoonlikheid, spreek baie van die kwessies aan. Hy’t immer die term “identiteitskrisis” eerste beskryf…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: