Nando’s-erige marinade sous

Ek het so rukkie gelede Nando’s-erige sous gemaak, en PrimeEvil het hoender burgers daarvan gemaak. Poedel het gelike, dit was “crazy”.

Die hoender het heel goed uitgekom. Hier is die resep:

Versap die volgende:

Sap van 2-3 suurlemoene
Twee eetlepels asyn,
4-6 Rooi chili’s (hou die pitte uit om later by te gooi)
100 ml water
2-4 huisies knoffel,
100 ml olyfolie
1 eetlepel tamatiepasta,
1 teelepel paprika,
1/2 teelepel tumeric,
1/2 teelepel garam masala,
1 teelepel sout,
1 eetlepel worcestersous.

Gooi nou weer die chili pitte terug.

Laat die hoender oornag in die sous week. Die volgende dag, dompel die hele spul in ‘n pot en kook vir net so 2 minute in die marinade. Bak dan die hoender of in die oond of braai op ‘n (griddle) pan. Gooi deurentyd van die marinade oor.

~ by mieliepap on 13 April, 2008.

9 Responses to “Nando’s-erige marinade sous”

  1. Dit lyk heerlik!!

  2. Het Poedel dan nou al op beweeg van mild Nando’s af?

  3. PZ, ek wens, die Poedel is nog op medium/mild. Om die waarheid te se, as die vrou by is, is ek ook op medium/mild

  4. Dit werk rerig en is baie lekker. Sal hierdie een beslis weer doen.

  5. Dankie vir die terugvoer Pikkelik !!

  6. Ek hou van Nandos! Eks nie bang om te erken dat ek mild verkies nie.

  7. Poedel, ons is besig om Nandos te probeer oortuig om nog ‘n vlak bo Ekstra-hot in te stel. Anders gaan Japie binnekort nie meer iets hê om te eet nie.

  8. So lekker as wat dit lyk, gaan ek vir eers verby hou! Hier is voelgriep in die lug in die Suide van Korea😆

  9. Ek is redelik seker dit sal heerlik wees op ‘n tuna-steak, of enige roofvis ? (Hoender van die see)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: