Sosiale terroriste

Kom ons wees nou maar eerlik, Britte is vreemd. Vreemde Britte is net ‘n stappie te ver. Hulle is so moeilik om te lees en so ongemaklik, dit maak seer.

Ons het vandag by ons predikant middagete gaan eet. Die predikant is Wallies en sy vroutjie is Engels. Die tweetjies het ons aan die einde van verlede jaar vir ete genooi. Ongelukkig was ons toe op pad SA toe en na so twee pogings om te herskeduleer het die priester net gemaak of hy ons nooit uitgenooi het nie. Toe ons hom Woensdag raakloop, vra hy skielik of hy ons nog Sondag middagete sien? Ons maak toe maar of ons ‘n afspraak gehad het en sê ja!, Natuurlik!

Nou dinge het begin skeef loop toe ek en my beter helfte eers 10h30 wegkom by die huis, toe die diens al begin het. Natuurlik was al die agterste sitplekke vol en moes ons heel voor gaan sit, obviously baie laat.

Toe die gebed begin, stap die versteurde man wat op ons geskree het in die park en gese het die ds jok in (die storie) en begin skree. Nice.

Na die diens groet ons so paar mense en verwag dat die predikant of sy vrou iets gaan sê soos dit en dat is ons adres, of sien julle so laat by hierdie plek, maar nee, hulle swyg soos die graf. Ons besluit toe maar om net huis te gaan en Nando's op te tel oppad. Toe ons by die deur uitloop, vra die predikant of ons weet waar hy bly, uiteindelik.

By sy huis, kom ons BAIE gou agter dat sy vrou baie erg is op haar fairtrade. So halfpad deur ete, toe almal nou al bietjie ontdooi het, raak ek verveeld en begin insinuerende vrae vra oor fairtrade (wat ek dink dit is meestal bollie). My vrou probeer toe die vrede hou en vertel dat sy dink die idee agter fairtrade is goed en noem so paar van die pro's en cons.

Nou moet ek byvoeg, ek en die vrou sien onsself as sosiale terroriste. Dit is nie 'n keuse nie, dit is maar net so. Ons voor-huweliksberader het ons gewaarsku dat ons persoonlikhede van so aard is dat ons mekaar oor die lyn van aanvaarbaarheid gaan druk. So ons wag in elke sosiale geleentheid om te sien wie maak die eerste faux pas, en ek is bly om te sê, hierdie keer was dit nie ek nie.

My vrou stop toe nie haar sin daar nie, maar se:"Ek moet eerlik wees, ek koop enige tyd fairtrade produkte, maar koffie en tee is wat die lewe die moeite werd maak. Fairtrade koffie is nie lekker nie en daar is nie alternatiewe fairtrade produkte nie.

Volgende sin uit die predikant se mond was dat die koffie wat hy vir die laaste 30 minute laat brou het, fairtrade koffie is en dat dit al is wat hulle het.

~ by mieliepap on 13 April, 2008.

5 Responses to “Sosiale terroriste”

  1. hehehe….en wat se vroulief toe?

  2. Ag foei man. Dis nou wat die Bybel seg van liewer ‘n korsie brood met vrede daarby…Ek verpes dit om nie te weet waar ek met mense staan nie en klink my die lotjie gaan jou aljimmers aan die raai hou.

  3. 😆 dis net daar waar ek wens dat die aarde my insluk!

  4. Vroulief het toe maar net geglimlag en die koffietjie gedrink. Ek probeer haar nou oortuig om my toe te laat om haar ander faux pas te publiseer.

  5. LOL! Mekaar oor die lyn van sosiale aanvaarbaarheid druk, ek is mal vir daai een. Ek doen dit gereeld, sommer op my eie. My Liefie beskryf dit as: “jy was al weer taktloos”.
    Maar dankie vir jou beskrywing vir die toestand wat ek met julle deel, dit klink beter. Love it!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s