Dieselfde kam

Ek is beter as jy.

As jy nie doen wat ek doen nie, as jy nie dink soos ek dink nie, as jy nie prioritiseer soos wat ek doen nie, mis jy die punt.

As jy nie glo soos ek glo nie, bluf jy jouself.

Wanneer ek in jou huis instap en daar is goed wat rondlê, dan is jy deurmekaar en ‘n slonskous.

As ek by jou kuier en jou huis is vreeslik netjies, dan kan mens nie leef in jou huis nie en is jy obsessief-kompulsief.

As jy baie weelderig lewe dan aanbid jy vir mammon, is jy materialisties en ken jy nie ware geluk nie.

As jy eenvoudig leef dan is jy versukkeld en geniet jy nie die lewe nie.

As jy na ure werk skeep jy jou gesin af.

As jy gewone ure werk is jy nie gemotiveerd en gedrewe nie.

As jy twee keer per dag bad is jy hiper-higiënies.

As jy een keer elke twee dae bad is jy ‘n lunsriem.

As jy nie universiteitsopleiding het nie is jy benede my.

As jy twee grade het is jy oor-intellektueel.

As jy 30 is weet jy nie genoeg van die lewe om ‘n gevestigde opinie te hê nie.

As jy ouer as 30 is het jy tred verloor met die hedendaagse tye en is jy oor die muur.

As jy nie vloek nie, twee keer op ‘n Sondag kerk toe gaan en meer as twee keer per gesprek oor God en jou geloof praat, is jy ‘n dweper.

As jy God bevraagteken en krities dink oor hoe om die Bybel en die wetenskap te versoen met mekaar is jy ‘n swak in jou geloof.

As jy meer as twee drankies drink vermoed mense jy het dalk ‘n probleem.

As jy geen alkohol drink nie is jy ‘n vervelige pretbederwer.

Alom dink ons “As jy nie soos ek is nie, is jy nie goed genoeg nie”.

Maar miskien is die mees verdoemende stem ons eie wat aan die einde van die dag wonder “As jy soos ek is, is jy nie goed genoeg nie”.

~ by mieliepap on 28 April, 2008.

9 Responses to “Dieselfde kam”

  1. whaahaaha wat ‘n “eye opener” Baie goeie inskrywing van iemand wat oor die muur is…. 😆

  2. Goeie inskrywing.

  3. Verseker ‘n goeie inskrywing en ons is almal op een of ander stadium aan ten minste een van die goed skuldig!

  4. En hiermee sit ek jou in hierdie kassie en jy my in daardie kassie. En ons sal uit ons onderskeie kassies nooit, ooit kan ontsnap nie.

    Goeie inskrywing.

  5. Dis so waar, hoekom moet mens altyd ‘iets’ wees? Hoekom kan jy nie net ‘wees’ nie…

  6. Sjoe. Raakgevat.

  7. “lunsriem” – ek dink nie ek het al ooit iemand daardie woord in ‘n gesprek hoor gebruik nie. En ek was al op Williston!

  8. Baie goed! En AS is verbrande hout😉

  9. Mieliepap baie dankie vir dardie link oor Garret Reisman in die space station, ons almal het dit vreeslik baie geniet!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: