Boepens brigade se beach party

Ek vind dit erg vreemd hoe Afrikaners na die strand (veral in Natal) toe stroom.

Sodra die gesin by die kusdorpie aankom, word die kar uitgepak en dan is dit strand toe. Op die strand kan ‘n paar goed gebeur:

Jy lê in die son totdat jou vel tot leer verbrand, en spog dan later oor jou tan.

Jy sit onder ‘n sambreel en kyk vir die mense of lees ‘n boek.

Jy staan enkel-diep in die klein branders en praat met vreemdelinge.

Jy lê in die enkeldiep water en gaar sand in jou onderbroek op (as jy opstaan lyk en voel dit of jy ‘n eier gelê het … blykbaar).

Jy drink skelm ‘n yskoue bier in die hitte.

Jy swem tussen die groot branders en probeer so elke nou en dan een ry.

Jy stap op die strand rond en bekyk die halfnaak lywe wat een van die ander bogenoemde goed doen.

Die hele handeling is regtig nogal vreemd. Ek kan een keer of miskien twee keer verstaan, maar elke dag en vir ure aan een ?

En what is up met al die vet Afrikanermans wat skaamteloos hulle pense afwys ?

~ by mieliepap on 13 May, 2008.

6 Responses to “Boepens brigade se beach party”

  1. 😆 dit lyk my die pens uithang storie het nou mode geword.

  2. Was jy al op ‘n Amerikaanse strand…beslis ook nie Baywatch-lywe nie!

  3. 😆 Ek is mal oor die see, maar o wee daai sand! Ek is net nie gemaak daarvoor nie. Dit brand, dit krap en dit sit orals aan die kinders vas, hulle ore, neuse, monde en ook nog ander onnoembare plekke. ai,ai,ai!

  4. Ek wonder nog steeds, hoekom noem daai boepensbrigade die Oos-kus die Suid-kus? Veral as daar ‘n (lekkerder) Suidkus is.

  5. uhhh, jong, as aanhanger van ‘n telbare minderheidsgroep moet ek jou inlig dat die bierpense dit wel vir sommige van ons doen. Wil nou nie stoute webblaaie aanhaal nie maar google maar die woord bear & men. Sommige noem ons siek, al wat ek se is: “Different strokes for different folkes!”🙂

  6. Bramer, welkom jou ou siek dier !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: