sosiale terroris 2

Soos vantevore genoem, is ek en die wyfie sosiale terroriste, ons kan nie wag nie, om te sien wie die eerste faux pas maak in ‘n geselskap. Hierdie keer was dit ek.

Ons is besig om, as ‘n couple, ander couples “op te chat” in ‘n soeke na couple-vriende, ‘n skaars kommoditeit hier in die verte. So kom dit dat ons ‘n baie oulike Luxembourgiese/Belgiese paartjie van my werk oor het vir ete. Ek maak bobotie. Natuurlik is dit baie styf, want 3 van ons is ingenieurs en die ekonoom is misantroop. Ons hou egter baie van hierdie paartjie en besluit ons moet seker maak dat ons hulle nie sosiaal terroriseer en sodoende verjaag nie.

Gedurende die aand noem hy dat die dorpie waarvan hy afstam elke jaar ‘n fees het. Hierdie fees het sy oorsprong in die middeleeue en sy familie vorm ‘n integrale deel van die geskiedenis van die dorpie. Hy was juis die volgende naweek oppad na die dorpie om die fees te gaan bywoon. Deel van die fees is ‘n parade waar die mense aantrek soos in die middeleeue en hy sou ook. Paar senuweeagtige grappies is natuurlik gemaak.

Die tyd agterna die “date” was baie spanningsvol: Will they call ?! Twee dae later kry ek die mail wat se hulle wil ons uitnooi vir ‘n ete wanneer ek terug is van SA (3 weke). Verligting.

Hierdie week een middag, stap ek by die kantoor uit na ‘n lang dag se werk en sowaar ry hulle verby my. Ongemaklik. Hulle stop en draai die venster af. My hart spring in my borskas, wat sê mens nou vir hulle ? Eerste ding wat my opval is sy pienk das. Voor hulle nog ‘n woord kan uiter, sosiale terroris wat ek is, sê ek: “Love the pink tie, very loud !” Soos ek dit sê, dink ek by myself, shut up, moenie praat nie ! Toe blaker ek dit uit: “Where on earth do you find such ties ? Was it part of the festival clothing ?”  Ag hemel!

Nou gaan ek en die ekonoom Vrydag by hulle kuier. Ek weet nie of ek om verskoning moet vra  vir die das opmerking of nie. Miskien beter om net niks te se nie. Ek hoop hulle verstaan dat wat ons het, ‘n kondisies is, en nie gebore is uit kwade gevoelens nie.

~ by mieliepap on 18 May, 2008.

8 Responses to “sosiale terroris 2”

  1. Ek lag elke keer vir jou “kondisie”… Sterkte! 🙂

  2. Hehehe. Wees net jouself en alles sal in plek val, jy sal sien.

    Ek het al vir iemand gevra of dit sy moeder is wat by hom inwoon, net om te hoor dis sy bruid van drie maande… Nodeloos om te sê, ons het nooit vriende geword nie.

  3. Oeps, 😳 kom ons kyk die realiteit in die gesig, ek is oortuig jy het jouself in die voet geskiet – nou kan jy maar net hoop dat jou voet nie afgeskiet is nie…. 😆 Sterkte 😆

  4. 😆 moenie alleen voel nie ek het ook die kondisie…

  5. Hehehe! Ja nee, daar is ongelukkig nie medisyne nie en ek praat ook vinniger as wat die 2 breinselle kan dink… 😉

  6. Ek dink jy sal moet komplimente gee by die ete asof dit uit die mode uit gaan. Red wat te redde is. Die man het miskien nie styl nie, maar soos jy min of meer sê, couple-vriende is skaars soos hoendertande daar in die verte. Heuningkwas in die hand. Daar gaan julle.

  7. Dankie vir julle almal se bydraes !

    W’nB, dis ‘n classic. As ek nie bang was dat sekere mense die blog kan raaklees nie, sou ek vir jou ‘n paar soortgelykes kon vertel.

    Ek kan rapporteer dat dinge heel goed afgeloop het gisteraand. Ons is besig om vriende te maak. Joegaai. Ek het ook bietjie Luxembourgish geleer: Gudd Laum en un eidele Mo. Kan julle raai wat dit beteken ?

  8. Goeie nag, volgende keer by ons huis? Hehehe

Leave a reply to wag-ʼn-bietjie Cancel reply