terugvoer herkou

Mense by my werk maak my naar.

Ek het al hier verwys (met skelm foto) na die man met die geel sweetvlekke onder die arm, maar eintlik is dit ‘n vulletjie.

Dit alles begin wanneer die stress toeneem, tydens vergadering. Eers moet jy jouself wakker skud, want jy is seker het gedroom, maar dan gebeur dit weer: Jou baas se baas se baas trek een van sy wenkbroue uit en druk dit in sy mond ! Jou ongelowige oë maak kontak met syne en dit is asof NIKS gebeur het nie. Jy kyk rond in die vertrek om te sien of enige iemand anders dit gesien het, maar almal lyk onbewus.

By die volgende vergadering sien jy een van die ouens besig om sy hare te kou, ek ek bedoel nie streel sy lippe met sy hare nie, ek bedoel proper byt en suig materiaal (waar is my kamera en my guts as ek dit nodig het ?)

Die ander ding wat ek baie sien, is mense wat agter hulle ore krap, jy weet, daar waas die skedlebeen, oor en kakebeen (en die vuiligheid) bymekaarkom en sodra jou skietgebed opgaan dat hulle dit seblief aan hulle broek moet afvee, dan gaan dit mond toe.

Ek wil niks meer sê oor die mense wat neus-aksie mond toe bring nie, maar van hulle is daar ook.

So baie mense vryf agter of binne hulle oor, of tussen hulle ken en onderlip en ruik dan hulle vinger, herhaaldelik.

Verlede Donderdag het ek die een gesien wat my laat besluit het om uit te praat daaroor. Ek is gewoond aan sulke walglike goed, dat hierdie my nie eers aangeraak het nie, en dit is toe dat ek besef het dit is te erg. In ‘n vergadering van 25 mense, begin die Amerikaner sy bles krap, terwyl hy praat, nie te min! Hy vat die krapseltjies (wat noem mens die wit stuff wat van ‘n bles af kom ? skilfers ?) en druk dit jou waaragtig waar in sy mond, terwyl die hele skare na hom kyk, want hy is besig om te praat. Wat te moer ?

Dan is daar hierdie vreemde ou (wat in ruimtewesens glo) wat ek op film gekry het. Hy speel met sy knaters in vergaderings. Jammer vir die swak beeldmateriaal, maar ek is seker ek sal vergewe word. In die clip is sy hand in sy broek en hy haal dit uit om te skryf.

Slow motion:

Besef hierdie mense nie wat hulle doen nie ? Is dit nie ‘n vorm van kanibalisme nie ?

~ by mieliepap on 29 May, 2008.

15 Responses to “terugvoer herkou”

  1. Dit is regtig gross! Ek sal my doodlag as ek dit moet sien! Ek weet nie wat dink sulke mense nie…

  2. Dit is nou een baaaaaieee goeie rede waarom ek dit verkies om alleen te werk…

  3. Jislaaik! Saam met watter mense werk JY? Ek het al verskeie werke gedoen en kollegas gehad en nog nooit sulke goed ervaar nie! Wat ek wel kan se van die Koreane, is dit: Hulle eet oopmond en baie luid en slurp altyd die noedels op, so deur die chopsticks. Maar darem doen hulle dit nie by die werk nie.

  4. Ek dink regtig dis tyd dat jy of vir jou ander werk kry, of ‘n klag indien teen jou ongemanierde kollegas. Miskien moet jy volgende kker op die tafel opgooi en vra of enige iemand dalk daarvan wil hê. GROSS, ja, ek weet, maar dalk werk skoktaktiek.

  5. Sjoe! Dis ‘n skande! Party mense weet net nie van maniere en takt nie! Kan mens hul opvoeding blameer?!

  6. Sorry julle, ek sukkel bietjie met die google app. Hy reject skielik al my videos ! Sal spoedig uitsort. Ek sal dan sommer ook ‘n foto van die dude wat sy hare eet bygooi.

  7. Ja ja, video van ou wat in aliens glo terwyl hy homself krap – ek dink dis n hoax. Weird ek kry dit nie op http://www.snopes.com nie.

  8. Wat gaan hier aan? Nee eindlik wil ek lag. Die mense is so morsig. Ek het nou net op my blog geskryf oor vuil toilette. Alles en almal gaan agteruit. Terug steentydperk toe vir ons.

  9. EEEEUW! Ons het so wiskunde meneer gehad wat met sy pen in sy oor gekrap het, voor die hele klas, dan stilgebly het, die pen mooi bekyk het, die was afgehaal het en dan darem aan sy broek afgevee het, net om weer die proses te herhaal. Geen wonder ek het so afsku in wiskunde ontwikkel nie.

  10. Hey, waar’s die f’n video? Jy noem jouself ‘n ingenieur, en jy kan nie eens ‘n video op die net kry nie?! Ag nee man, JanSpace sal hulself skaam vir jou!🙂

  11. Okay, hulle het uiteindelik my opgelaaide video aanvaar. Die ou waarna ek verwys is die verste in die video.

  12. Dis disgusting. Ek’s naar. Euw.

  13. Ek het ook iemand oor my gehad wat aan sy knaters gewikkel het terwyl hy met jou praat. Dis erg, dis traumaties om dit dag vir dag te aanskou.

  14. die lot is wilder as die wildtuin!

  15. Woester as Worcester!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: