ek is

ewig kind van Afrika

‘n inwoner van Cambridge (UK)

gek oor kos maak

hou van Ingland

lief vir bier (ale) en (veral rooi-) wyn

getroud met die skattigste chick en dierbaarste vrou (dieselfde persoon)


14 Responses to “ek is”

  1. Aangename kennis! Ek gaan sommer dadelik jou skakel by my blogroll voeg. Lekker om iemand in mooi suiwer Afrikaans te sien blog. Soos jy seker al klaar weet is ek in Londen maar is eintlik ‘n PE-meisie. Hoe lank is julle al hier?

    En dankie vir die koeksuster tutoriaal – ek skaam my om te se ek het nog nooit die goed gemaaak nie! Daar was nog altyd te veel tuisnywerheidtannies wat dit veel beter as ek kon regkry. Maar met ‘n blog-naam soos myne sal ek hulle seker een of ander tyd moet aanpak!

  2. Aangename kennis Jeanne (Cook Sister). Ek moet bieg, ek het dieselfde probleem, my blognaam is my nemesis. Ek kan nie ordentlike mieliepap maak nie, nog putu-pap, nog slap pap, nog mieliepaptert. Wanneer ek dit maak is dit skaars eetbaar. Dit is ‘n tragedie, want ek is mal oor mieliepap.

  3. Jy moet net die regte mieliepap kry. Die Londen goed is so dig, nie eers koeksisters wil altyd werk nie. Krummelpap…. MMMMM met suiker en botter -plaasbotter!

  4. Ek sien nou eers hierdie bladsy!!!! Lekker om deel van jou lewe te sien. Jou video’s is oulik. Ons praat weer. 😆

  5. Kom nou dames, met ons pragtige taal(en julle pittigheid) is ek seker een van julle kan vorendag kom met ‘n afrikaanse plaasvervanger vir BLOG!? Ek wag in spanning…
    Ester Boerenooi (Wokingham, Berkshire)

  6. Die hoenderpastei was fantasties!!

  7. Ek gaan jou raad gee oor mieliepap – vir my het dit gewerk. Gooi jou droë mieliemeel op ‘n bakplaat en “droog rooster” dit in die oond(sommer as die oond aan is vir ‘n ander gereg. As jy daai Vrystaat mieliepap reuk kry, is dit reg. LW die meel moenie bruin word nie, dan’s dit te lank. Bêre nou die meel of gebruik dadelik om pap te maak. Pap moet ten minste 1 uur op stadige hitte prut. Jou hele huis sal gevul wees met pure Afrikaanse lekkerte.

  8. Dit is vir my ‘n salige heerlikheid om ‘n Afrikaanse site te kry. Jy’s beslis sommer al reeds op my blogroll – en ek sit op die oomblik in Kaapstad!!!!

    Die Suid Afrikaners kan maar kosmaak en ek vind die passie ‘n fees.

  9. O ja, ek skryf vir Wine country elke week ‘n artikel. Het laasweek vir hulle my koeksuster resep gestuur – ek skryf meer oor kos se herkoms, maar vir Wine Country – net kos.

    Aangesien ek alles eers maak, sal ek nogals graag lekker Suid Afrikaanse resepte in die hande kry.

    Vreeslike dankie vir jou lekker blog!

  10. Goeie dag, Ek is opsoek na raad. Ek wil graag avos inlê. Is daar dalk ‘n kans dat jy my ‘n resepie kan stuur.

    Sally

  11. Hallo, ek is opsoek na ‘n resep om pepadews (uit my tuin) in te lê. Ek kan regtig nêrens so ‘n resep kry nie. Kan jy my dalk help? Ek sal dit BAIE waardeer.

    • Ek sien jy het in 2009 al gevra vir ‘n resep. Ek het eers vandag op die blog afgekom en stuur vir jou wat ek het. Albei is baie lekker.

      INGELEGDE PEPPADEWS
      8 koppies asyn
      2 koppies water
      2.5 kg suiker
      Kook tot suiker gesmelt en mengsel kook.
      Gooi pepadews by en sodra mengsel weer kook bottel dadelik – haal van hitte af en laat staan vir so paar minute.
      (Jy kan die resep verminder of dit wat te veel is vries vir ‘n volgende keer!)

      PEPPADEW RESEP
      3 kop suiker
      3 kop asyn
      2 kop water
      10 kop (1 kg) gesnyde pepadews
      (verwyder pitte)
      Kook suiker, asyn en water saam in mikrogolfoond (of op stoof) vir 20 minute – roer elke nou en dan. Voeg gesnyde peppadews by mengsel.
      Kook vir verdere 10 tot 15 minute (roer na 5 minute).
      Sit lourierblaar of knoffel by.
      Bottel warm

  12. hallo; wil jy nie vir my ‘n comment hier (http://ekkedink.wordpress.com/2009/05/12/bloggerol-of-nie-moet-werkgewer-il jy nie vir blogs-stop/) los nie asb. doen bietjie navorsing.

  13. terloops, het ook familie in cambridge. het des 2 weke daar rond geloop en gekuier. baie lekker!!

Leave a reply to justfoodnow Cancel reply