koeksister resep – nuut en verbeter

Hartseer soos wat mag wees, is omtrent al my hits is van mense wat soek na koeksister resepte. (‘n ander een wat my onverwags betrap het is mense wat soek na behandeling van breinvliesontsteking). Ek voel daarom genoodsaak om my deel vir die samelewing te doen:

Vir die stroop:
1 kg (1 liter) suiker
5 ml kaneel
2.5 ml gemmer
500 ml water

Gooi 1 kg suiker, 500 ml water, 5 ml kaneel en 2.5 ml gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof. STOP. Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te gooi. Laat die stroop oornag afkoel in die yskas. Go to bed, do not pass go, do not collect $200. Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie ! Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening.

Vir die deeg:
500 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
30 ml margarien
100 ml melk
100 ml water
knippie sout
500 ml sonneblom olie (om in te fry my kind)

Verhit (nogal baie warm, maar nie kook nie) genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die sistertjies in te braai. Meng 500 ml koekmeelblom, 5 teelepels bakpoeier en knippie sout. Vryf 30 ml margarien in met jou vingers.

Sny 200 ml melk en/of water (ek gebruik 100ml water en 100 ml water) in die meel in. Moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.

Rol dit uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank (net ‘n riglyn, dimensioneer na gelang van smaak). Sny die repe verder om elk drie bene te hê. Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant.

gesny.jpg

Bak die gevlegte outjies in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het. En nou vir die tweede geheim: Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop onderdompel het, soveel so dat jy hom sal hoor stroop trek. Haal die koeksister na so minuut uit. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.

gebak-en-gedoop.jpg

Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie.

Klank nodig vir hierdie video:

~ by mieliepap on 25 July, 2007.

39 Responses to “koeksister resep – nuut en verbeter”

  1. Ek dink ek sal nou die voorste lid van my linker pinkie gee vir ‘n koeksuster.

  2. Dis waar wat jy sê dat jy hom moet hoor stroop trek. Ek dink dis waar die ‘sister’ gedeelte van die naam vandaan kom – dit het niks met ‘n suster te doen nie, hy moet sis.

  3. My pa is lief vir koeksusters. Verstaan mooi, hy vrek daaroor. Ons weier om dit te bak, want hy kom proe net gou en dan is die baksel sommer gehalveer.

  4. dankie. ek gaan die resep sommer dadelik probeer. Soek al maande na ‘n lekker resep. nz

  5. Oooooo – het nog altyd koud laat word, maar nooit nooit yskaskoud nie! Probeer weer.

    Stunning resep.
    Thanks

  6. Hey
    dankie – wou die Hollanders hier laat weet wat hulle mis maar die enigste resep wat ek kon kry het kremetart in die stroop – kan dit nie hier kry nie.

    • bietjie asyn of suurlemoensap werk ook, dis net om te help dat die stroop nie sandsuiker nie

  7. Net gewonder of die deeg nie ‘n geklitste eier moet bykry nie? Al die ander koeksister resepte het ‘n eier in die deeg.

  8. Jong ja. Net soos die spreekwoordelike Eunuch van ‘n heer se Harem, werk die koeksister (en toevallig skons) resep beter sonder eiers.

  9. ek se baie dankie,sithier in parys en dit laat my soveel beter voel en n bietjie nader aan my ma by die huis, moet se die fraanse is dol daar oor.

  10. Is besig om “tradisionele” disse vir my dogter te maak – hulle het ‘n Ethnic Festival by die skool – sy het aangedring op koeksisters! Dankie vir die resep – klink soveel beter as die ene wat ek het – gaan hom sommer nou probeer!

  11. Help! Fantastiese resep. My enigste problem is dat party van my koeksisters was rou in die middel. Kleur was karamel ens. Hoe warm moet die olie wees? Moet ek hulle dalk dunner maak? Nie dat my man gekla het nie:0)!

    • Ek het by ‘n tannie gehoor dat die koeksister moet afsak in die olie, tydjie daaronder bly en dan weer opkom. As dit nie afsak nie is die olie te warm, as dit nie weer opkom nie is jou olie te koud. Hoop dit help

  12. Dankie vir die uitstekende resep. My man is ‘n Duitse chef en ek moes onmiddellik nog ‘n baksel aan die gang kry nadat hy omtrent alles verslind het!

  13. Ek woon in Ghana, en is baie bly vir die eier vrye resep! Die eiers hier se geel is aardig wit, ek gril my dood! ek kon nog nooit ‘n koeksister suksesvol bak nie, maar gaan nou dadelik probeer! My man is mal oor gevriesde koeksisters. Terwyl Afrikaanse musiek speel, gaan ek my eie stukkie SA skep in my kombuis!

  14. dankie vir die resep. het dit nou al 3 of 4 keer die week probeer maak, maar…. my koeksisters lyk dan soos donuts in die middel. Die stroop wil nie deur trek (klein of groot) tenspyte dat ek dit PRESIES soos die resep doen. HELP ASB?!

  15. ek gan dit probeer my oupa sal sy lewe gee vir n lekker koeksister so as myne beter as die slaghuis sin is se ek game on marleen van witbank

  16. Hi daar, ek het een van die dae ‘n baba tee om te reel vir so 30 mense en nadat ek vandag die dorp plat gery het en by al wat ‘n tuisnywerheid is ingegaan het, het ek agter gekom dit gaan belaglik duur wees om koeksisters te koop, tussen R22 en R32 vir ‘n pakkie van 12 kleintjies. So nou gaan ek dit self maak, kan iemand my asb sê ommenby hoeveel koeksisters sal ek kry uit een keer se aanmaak?

  17. […] Resep – for our Afrikaans friends […]

  18. Ek het nou getry om dit te maak.Dankie vir resep,ek hoop my european vriende hier in sweden gaan van dit hou.Ek mis my land so nou gaan ek n bietjie liefde van SA proe.

    Amper klaar gestudeer

  19. Dit was my heeleerste probeerslag om koeksisters te maak en te danke aan jou resep en besondere goeie advies, was dit ‘n absolute hit!! Baie dankie!

  20. Als is baie mooi, maar daar is iets verkeerd met die mates.
    Wanneer ek die vloestof met die droe estanddele mekng is dit ‘n pappery. Dit wil voorkom of die meel verdubbel moet word. Met ander woorde 1000 ml (4 k) meel. Dit kan ook wees dat die resep 500 gr. meel bedoel het.

  21. […] Vir dié wat nie weet wat se ding dit is nie,  gaan kyk gerus hoe om jou eie slawekettings te bou- hier. […]

  22. baie dankie dis die beste en maklikste in verduideliking, sterkte jannie o0798112341

  23. If your check carefully, the recipe does require 500gr of flour.

  24. Dit was die eerste keer wat ek dit probeer het en voila – perfekte koeksisters – dankie!!!

  25. Ek ga die resep probeer maar weet nie of hier in Belgie die goeie ingrediente het niet .Ek het hier al geprobeer maar die koekkies krij nie stroop niet .Wie kan mij help

  26. skryf asseblief ‘n volle resep of los dit wat doen ek na dat ek dit in die stroop gesit het
    doen jou werk ordenklik of los dit, maar ek moet se nadat ek die resep probeer het was die koeksusters lekker dankie

  27. Wonderlike respepte. Wou net gou kyk of mens koeksisters in warm of koue stroop bak. Ek sal laat weet hoe dit gaan

  28. Wow baie dankie vir die resep, was nog altyd te bang om te probeer. Met die leiding van die resep het my eerste poging reg uit gekom ;-).

  29. Gaan beslis hierdie onthou! Ons bak weer volgende naweek koeksusters. Ek het wel ‘n vraag, my resep is ‘n familie resep en in die stroop vra dit vir tartaric acid(wynsteensuur) wat doen dit aan die stroop? ‘n Vorige resep wat ons gebruik het was anders en dit het cream of tartar gebruik en cinnamon sticks.

  30. Beste resep ooit!

  31. Hoekom word my koeksusters sag die volgende dag nog lekker maar nie crispy soos op dag van bak nie. Help asseblief

  32. Hier vanuit Brush, Colorado! Ek het jou resep probeer dubbeld aangemaak. Ek het Gold Medal koekmeel gebruik maar die koeksisters het ‘n aardige smaak. 2.5 ml sout per koppie meel is blykbaar te veel. Ook gebruik ek beetsuiker, hier is nie wit rietsuiker te koop nie. Ek het die stroop in 3 koffiblikke verdeel en gewissel uit ‘n vrieskas met ‘n waaier. So sit ons die sis terug in koeksister. Dit blyk klein veranderinge maak ‘n groot verskil. By my tweede baksel gaan dit beter. Ek moet maar die klomp Amerikaners rantsoeneer, anders bly daar net niks oor nie!

  33. Ek is op soek na ‘n sweetie pie resep

  34. Kan iemand my asb se hoekom is daar harde klonte in koeksisters

Leave a comment