Afrika se leë Broodmandjie

Nog nie helemal genoeg gesê oor Uncle Bob nie…

Zim se lewensverwagting is nou die laagste in die wêreld volgens die WHO (BBC article). Die lewensverwagting vir vroue het halfveer in 12 maande !

Die grootste probleem wat ek huidiglik met die Zim affair het is dat Bobby die mag sentraliseer het. Selfs al raak hulle nou van hom ontslae, gaan die volgende leier in ‘n posisie wees waar hy/sy versoek word om die mag te misbruik.

Soos in baie Afrika lande is die mense nie ingelig genoeg is nie. Deels omdat die media onderdruk word, deels omdat daar soveel mense sonder media is. Dink jouself in, wat is die kans dat Tony Blair (of dan Gordon Brown) eendag besluit om homself executive minister te maak, soveel so dat hy die koningin, die house of commons, die house of Lords en sy vrou kan bypass en self besluite neem. Die publiek sal mal gaan. Hy sal dit net nie kan doen nie. Maar in die donker kontinent is alles moontlik.

Kyk na hierdie ‘treffende’ foto van ‘n polisieman wat ‘n betoger slaan in Zim

Ek kan ook nie verstaan hoe intelligente opgeleide mense dit toelaat nie (en maak geen fout nie, Zimmers is beter opgelei as die deursnit Saffer, as daar so iets is). Hierdie man Mugabe het wondere verrig as jy in ag neem hoeveel vrees hy in die harte van sy eie mense geplant het. Dit het seker begin met sy aanslag op die Ndebele waar hy 20 000 mense laat vermoor het. Die wonder van ‘n voorbeeld maak.

Daar is darem lig aan die einde van die tonnel. Dit klink asof sy beheer oor die mense stadig krummel. Hulle kry nie meer reg om mense na die byeenkomste te kry nie. Hulle moes so twee weke gelede ‘n optog kanselleer waar ZANU-PF die mense sou aanspreek, omdat daar te min mense was ! Verder het Edinburgh Uni uiteindelik sy eredoktersgraad teruggetrek. Vreemd genoeg het hulle hierdie graad toegeken nadat dit bekend geword het dat hy die 20 000 Ndebele vermoor het.

Ek hoop om binnekort nog stuffs oor Dr Mugabe te skryf. Poephol.

~ by mieliepap on 10 June, 2007.

7 Responses to “Afrika se leë Broodmandjie”

  1. og…hom sal ek nogal self wil assassinate…

  2. Wat my die kwaadste maak, is dit ander Afrika-leiers (Mbeki infgesluit) hom met sulke sagte handjies hanteer omdat hy sulke ou “struggle credentials” het. Blinde lojaliteit?

  3. Dit is iets wat ek nie verstaan nie, maar simpatie voor het. As jy daaroor dink word G.W. Bush kritiseer asof hy die satan is omdat hy Irak ingeval het. Thabo is besig om die teenoorgestelde te doen. Sou jy nie saamstem nie, dat Mugabe net harder word a.f.v. kritiek ? Waar is die regte antwoord ? As jy nie kan inval nie en nie kan kritiseer nie, waar is die regte antwoord ? Ek dink dit le by sanksies. Thabo en Moz, Botswana en Zambie moet hom droog bloei deur die grense te sluit. Woorde gaan nie help nie. En ja, ek dink jys reg, die struggle credentials gaan ook ver.
    case in point

  4. Die groot ironie is dat Thabo sanksies teenstaan omdat dit die man-op-straat sal skade doen…is dit nie dieselfde Thabo wat sanksies teen die ou SA regime bepleit het nie????

  5. Iewers in my ooroptimistiese gedagtes wens ek dat Thabo ‘n meesterplan het waarin hy wag om Zim oor te neem vir RSA. Sover ek dit het, is die engiste voorwaarde vir so ‘n inkorporasie van ‘n land dat die inwoners van die land ‘demokraties’ daarvoor moet kies. Aangesien die hele Zim RSA toe vlug, behoort dit maklik te wees om die meerderheid mense in Zim te oortuig om Suid Afrikaners te word. Dan kry Suid Afrika al die vrugbare grond in Zim en die mense in Zim kry hulle vryheid eens meer. Use it/don’t use it..

  6. Ek sien die Times reken Zim gaan heeltemal ineenstort in die volgende 6 maande. Dit sal ‘n seen en ‘n ramp wees. ‘n Ramp want dit gaan vir SA hard slaan, harder as wat ons dink. ‘n Seen, want ek dink Thabo is deels reg dat net die mense van Zim die probleme in Zim kan oplos. En ‘n ineenstorting gaan hulle hopelik tot op daardie punt dwing. Ek sukkel om te verstaan hoe hulle tot nou toe nog so min daaraan doen. Hoe kan Bob soveel ondersteuning hê dat hy daar kan bly?

  7. Jy het net ondersteuning in die regte posisies nodig om daar te bly. Jy hoef nie die hele land happy te hou om in bewind te wees nie, jy hoef hulle net bevrees te hou. Net so paar vertrouelinge wat jou orders en mag namens jou uitoefen hoef happy te wees.
    Dis soos die Mafia. Die Don het net mag agv vrees.

Leave a reply to mieliepap Cancel reply