gedeelde evil verslawing

Ek onthou in my prille jeug het ek deur (een van my baie) ‘n konserwatiewe persoonlikheidsrevolusies gegaan en besluit om heeltemal op te hou TV kyk. Ek onthou hoe ek weggekyk het terywl ek verby die TV gestap het en in ‘n ander kamer gaan eet het wanneer ons gesin voor die TV gesit en eet het. Sien ek het geglo dat ek verslaaf was aan hierdie bron van evil. Ek het geglo die Satan het my in sy greep en dat ek moet sterk wees om die verslawing te oorkom. Soos die meeste van my goeie ambisies het dit bietjie in die slag gebly op die langer termyn (al het ons nie huidiglik ‘n TV nie, gee ek nie om om TV te kyk nie, veral op dae soos die afgelope Saterdag as daar Bokke betrokke is) .

So kom dit dan nou dat ek weer met nuwe verslawings worstel. Email verslawing is my Achllies’ heel. As ons by gaste kuier en ek sien hulle het ‘n rekenaar wat aan is, sal ek myself gereeld verskoon en ‘toilet toe gaan’ terwyl ek skelm gaan email lees. Hierdie selfde verslawing maak dat ek ‘n GPRS-enabled mobile het en 7 pond 50 p per maand betaal om onbeperk met my mobile die internet by die werk te kan access. Rolls het lankal die les geleer om nie vir (verslaafbare) mense internet access tot webmail te gee nie en dreig met afdankings as enige iemand hulle internet access vir persoonlike gebruik nuttig.

So is dit ook dat hierdie damn blogging my beetgekry het. WordPress en Gmail is altwee op shortcuts op my foon, en elkeen van hulle word heel gereeld ge-hit bedags.

Dit laat my darem bietjie beter voel om te weet dat die helfte van die Britte met dieselfde verslawing sit volgens hierdie bbc artikel. “Half of Britons could not exist without e-mail – with 30 or 40-somethings more addicted than teens, a survey finds.”

Lank lewe obsessive compulsive behavior. Ten minste is ek onder 30!

~ by mieliepap on 19 June, 2007.

6 Responses to “gedeelde evil verslawing”

  1. Dude, moenie eers dink daaraan om online poker te begin speel nie! Dit werk net nie met verslawende persoonlikhede soos ons nie.

    Ek het ook al gewroeg met die TV en internet “verslawing”, maar myself oortuig dis nie so ernstig nie, want ek kom darem goed daarsonder reg as ons bv weggaan vir vakansie en daar is geen internet of TV nie (ek kry nie ontrekkingsimptome nie). Dan pla dit my eintlik glad nie. Maar as dit beskikbaar is, raak ek ook borderline obessief.

  2. Jy’s nie alleen nie, so geen rede om by Internet Anoniem aan te sluit nie. Moet net NOOIT online begin skaak speel nie!

  3. ek wonder partykeer of dit nie presies is hoekom ek vakansies geniet nie, los die obsessies by die huis. Ek wonder of dit ‘n produk is van oor- of onder-stimulasie. Ek vermoed dit is die effek van eers oorstimulasie en daarna (relatiewe) onderstimulasie wa tmaak dat mens soveel kompulsies en aanwendsels kry, ietsom besig en betrokke te bly. Dit natuurlik ook maar net as gevolg van ontvlugting weees. Dat mens te bang is om stil te sit en te dink, bang virdie vervelinge of ontnugteringe of werklikheid ?

    Anyway, ek dink ek moet ‘n email addict support group stig. Almal wat belangstel kan my mail en dan elke 5 minute kyk of ek reply het.

  4. Kyk hier vir ‘n paar goeie tips oor Internet ADD (soos hulle dit noem).

  5. Om my verslawing te demper, laat ek myself nie toe om die rekenaar aan te sit tot na ontbyt en ‘n stort nie. (Ek werk van die huis af.) As ek die dag vroeEr as gewoonlik moet opstaan, kry ek myself uit die bed met die ‘beloning’ dat ek maar eerste ding die rekenaar mag aanskakel. Siek!

  6. id, ek het dit ook probeer. Ek is nou al op die plek in my verslawing waar ek in die oggend wanneer ek wakker word, met net een oog oop, die selfoon aktiveer, gou email kyk en dan snooze vir nog 30 minute. Terwyl die hawer-water kook kyk ek gou of daar nog iets is, en voor ek waai werk toe weer. Die snaakse ding is hoe meer email ek kry, hoe kleiner is my obsessie !

Leave a reply to Pienk Zuit Cancel reply