pa van 3 dogters vermoor deur 15 jarige yobs

Afgryslike Engelse kinders.

Jou kinders haat jou Engeland.

Soos wilde diere loop hulle in troppe rond, reg om alles wat goed is aan te val en af te breek. Jy het jou kinders te lank agterweë gelaat in jou onbeheersde drang vir selfbevrediging. Jou kinders is aan hulleself oorgelaat om introspektief te soek vir ‘n kern en hulle het ‘n ondier gevind.

Jou kinders haat geleerdheid Engeland. Jou kinders is trots op onkunde, hulle kies ongeletterdheid Engeland.

Jou kinders haat individualisme Engeland. Jou kinders ken nie respek nie Engeland.

Jou kinders haat hulle ouers Engeland. Jou kinders haat die lewe Engeland.

Ek haat jou kinders Engeland.

~ by mieliepap on 14 August, 2007.

7 Responses to “pa van 3 dogters vermoor deur 15 jarige yobs”

  1. Jy slaan die spuiker op die kop!
    Ek wonder gedurig oor dieselfde ding. Hoekom is die Engelse kinders so ongelooflik agterlik en ‘yobberig’? Hoekom hang hulle onkunde aan en verag entoesiasme en geïnteresseerdheid?
    So ‘n paar dae gelede was daar ‘n interressante stuk op BBC Radio 4 oor yobs. Iemand het daar ook die idee geopper dat Engelse kinders nie in die algemeen toegelaat word om deel te wees van dinge nie. Ouers doen bv. nie goed met hulle kinders nie, maar gaan gedurig uit sonder hulle kinders. Daarom weet daardie kinders nie hoe om hulle later as deel van ‘n gemeenskap te gedra nie.

  2. Ek dink nie dit gebeur net in Engeland nie. Dit is regtig ‘n hartseer storie. Ek dink nie ek sal ooit verstaan hoe iemand dit regkry om ‘n ander net so te vermoor nie. Daai man se arme kinders.

  3. Hoe gaan dit lyk oor 20 jaar wonder ek?

  4. 20 jaar terug was daar ‘n plak met ‘n naam soos “Oortuiging” agter die deur en die skooldag is begin met skriflesing en gebed. Die Trompie en Saartjie boeke was altyd uit by die biblioteek. Kinders het in die park gespeel en het nie geweet van X-Box of chat of goed nie.

  5. ek gee vir engeland nog 1, miskien 1.5 generasies.

  6. Waar gaan hierdie wêreld tog heen? Maar ek dink dit gebeur nie alleen in Engeland nie, hier in Holland gebeur ook sulke dinge.

  7. Kan ek my teorie met julle deel? Kyk goed na al die sosiale probleme wat Suid-Afrika deesdae mee sukkel – slegte skoolstelsel, slegte gesondheidstelsel, VIGS, rassisme, stygende misdaadsyfers (veral gewelddadige misdaad), geen respek vir die wet nie… en dan sal jy sien hoe Engeland oor ‘n generasie sal lyk. Die koerantopskrifte hier lyk party dae al klaar of dit eerder in Johannesburg hoort.

Leave a reply to labmuis Cancel reply